Wie is die Stadskoor Tygerberg?

Die Stadskoor Tygerberg is in 1977 gestig en koorlede kom hoofsaaklik uit die Noordelike Voorstede, maar ook uit die Helderbergstreek en Mitchells Plain.

Die repertorium van die koor bestaan uit geestelike en sekulêre musiek wat strek vanaf die Renaissance tot die moderne era en sluit onder meer oratoria, misse, uittreksels uit operas, operettes, musiekblyspele en verwerkings van volks- en etniese werke in.

Musiek Direkteur: Peter Roux